Nomme 20 Delphi Straat
Shirmoney Rhode
Nomme 20 Delphi Straat (of Delphi Straat 20) is ʼn versameling van beide Kaaps-en Standaard Afrikaanse gedigte wat aanvanklik as performance poetry vorm aangeneem het.
R200.00
Out of stock
DATE
GENRE
PAGES
ISBN
Nomme 20 Delphi Straat
Nomme 20 Delphi Straat (of Delphi Straat 20) is ʼn versameling van beide Kaaps en Standaard Afrikaanse gedigte wat aanvanklik as performance poetry vorm aangeneem het. Dié gedigte reflekteer die ervaringe en gedagtes van die digter uit haar tienerjare en as eerste generasie student. Dit speel af in Elsiesrivier en die titel is verwysend na die huis en straat waarin sy grootgeword het, maar sinspeel ook op die tema van bendegeweld. Die gedigte is ook die stories van die mense van Elsiesrivier.
Shirmoney Rhode is in 1991 gebore en het grootgeword op die Kaapse Vlakte in Elsiesrivier. Sy verwerf die kwalifikasies BA (Afrikaans en Linguistiek), BA (Honneurs) in Afrikaans en ʼn nagraadse onderwyssertifikaat in Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Haar gedigte het al in 7de Reënboog verskyn en as performance poet het sy al voordrag op verskillende platforms soos Open Book Festival, Inzync Poetry, Grounding Session, Badilisha Poetry, Poetica, KKNK, Artsemble en meer gedoen. In haar werk vertel sy graag die stories van die mense uit haar gemeenskap. As onderwyser gee sy klas in Afrikaans by ʼn Kaapstadse hoërskool.
“Shirmoney Rhode.. vlek die lewe op die Vlakte tot die been oop en haal die mooi die vuil en die seer daaruit.”
“Hierdie beskeie bundel met sy 25-tal gedigte dra die goeie nuus van ’n nuwe stem uit die Kaapse Vlakte. Shirmoney Rhode behoort tot die sogenaamde millennariërgenerasie en haar gedigte praat ’n annerste soort taal.”